Hill-Mari Waterboer, ’n inwoner van Louwville, het saam met haar vriende besluit om uit te reik en hul gemeenskap te help. Hierdie inisiatief kom al ’n ruk aan by Hill-Mari en iets wat sy weer binnekort vir die jeug wil doen. Die groep van 13 jongmense het Huis van Heerde in Moorreesburg die afgelope Saterdag (9 November) besoek om tyd saam met die kinders daar deur te bring. Die dag is geniet met speletjies en teken. Die kinders het elk ’n geskenkie ontvang en die personeel aan diens het elk ’n ruiker ontvang. Die groep bedank elkeen wat ’n bydrae gegee het met die geskenke en hul juffrou Layla Sapat, wat die vervoer gereël het, asook Johannes Smith vir die ruikers.Foto:


Jongmense bederf Huis van Heerde-kinders

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article