Die o.13-skaakspan van St. Helenabaai Primêr is by die Pedro Booyse Weskus-topskoleskaaktoernooi, wat op Saterdag 23 Augustus beslis is, as kampioen gekroon. Die span het in die o.13-ope-afdeling deelgeneem. Hul volgende reis is na Hermanus, waar hulle Saterdag en Sondag (6 en 7 September) aan die Wes-Kaapse topskoleskaakkampioenskap gaan deelneem. Van links staan Jermaine Klaasens, Ashan Swartz, Micarlo Olivier, Virat Koopman, Tayrique Love en Entwan Benjamin.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article