Saam met die fiksheidsoefening het die kleinspan ook geleer om aan te val.Foto:


Langebaan-rugbyklub het onlangs seker gemaak daar is genoeg voornemende spelers om sy spanne vol te maak.

Die plaaslike klub het op Saterdag 19 Augustus ’n rugby-kliniek by Langebaan Primêr aangebied. Hier het die jong spelers danksy die klub aan hul vaardighede gewerk.

Langebaan-rugbyklub bedank al sy borge wat die dag moontlik gemaak het, insluitend Comtel Communications, Langebaan SPAR, Anza Flooring Langebaan, die Langebaan Boutique-hotel, asook William Dryers en Mark Botha.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article