’n Jong man van Vredenburg is 15 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op ’n 38-jarige man in 2022.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het vyf seuns Bradley Stuurman op Vrydag 4 November 2022 omstreeks 19:00 in Witteklip aangeval.
Die groep seuns was op daardie tydstip tussen 13 en 17 jaar oud.
Stuurman is boonop vol verf gegooi toe hy probeer weghardloop het.
Hy het gestruikel en geval, waarna die groep jeugdiges hom begin slaan het.
Christiaan van Wyk het ’n mes uitgehaal en die slagoffer gesteek.
Stuurman is op die toneel dood.
Speursers. Diena Miggel het die saak ondersoek wat tot Van Wyk (nou 19 jaar oud) se skuldigbevinding en sy vonnis op Woensdag 17 April in die Vredenburg-landdroshof gelei het.
Vyf jaar van die vyftienjaarvonnis is opgeskort.



