Tom Tromp (middel, met hoed en sonbril, en Boland-rolbalpresident) saam met die o.18-spelers wat die naweek na die halfeindstryd deurgedring het. Van links is Eljana Keyser (Porterville), Ruben Lubbe (Swellendam), Jade Kruger (Langebaan), Dirkie Human (Robertson), Adi Esua (Robertson), Johanco Keyser (Swellendam), Wean van Rensburg (Ceres) en Jacques Beneke (Porterville).Foto:


Boland-rolbal se junior meesterskompetisie is die afgelope naweek by die Langebaan Country Estate beslis.

Die juniors het in twee ouderdomsgroepe gespeel: o.18 en o.30. Die top-junior rolbalspelers van verskeie streke is uitgenooi en het Saterdag 6 en Sondag 7 Januarie om die Boland junior-titel meegeding.

Spelers het van so ver as Swellendam en Barrydale gereis om in Langebaan te kom deelneem.

Die o.18-spelers wat na die halfeindstryd deurgedring het, is Eljana Keyser (Porterville), Ruben Lubbe (Swellendam), Jade Kruger (Langebaan), Dirkie Human (Robertson), Adi Esua (Robertson), Johanco Keyser (Swellendam), Wean van Rensburg (Ceres) asook Jacques Beneke (Porterville).

Die Boland o.30- junior meester was Jacques Beneke van Porterville. Hy het goud gewen.

In die o.18-groep het Jade Kruger van Langebaan silwer gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article