Joshwinn Cross (links), Stephan Taylor (Wes-Kaap-laerskole se bestuurder) en Angell Pholman.


Joshwinn Cross en Angell Pholman, atlete van die Langebaan-atletiekklub en leerders by die Langebaan Primêre Skool, het gedurende die skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Laerskole-atletiekkampioenskap in Polokwane deelgeneem.

Dit was ook Joshwinn (seuns o.11) se eerste deelname aan die byeenkoms. Tans is hy die Boland-kampioen in die 80 m, 100 m en verspring in sy ouderdomsgroep. By die SA’s het hy uitsonderlik presteer deur tweede in drie items te eindig. Hy het die silwermedaljes verwerf in die 80 m, verspring en aflos. Dit is uitsonderlike prestasies vir ’n jong atleet. Sy naelloop-afrigter is Eustace Lemmetjies en sy verspring-afrigter is dr. Frans Venter.

Angell Pholman (meisies o.13) is vir die afgelope twee jaar onoorwonne in Suid-Afrika in die 1 200 m in haar ouderdomsgroep. Sy is vir twee jaar opeenvolgend as die Suid-Afrikaanse kampioen in die 1 200 m gekroon. Sy het verlede jaar afgesluit met SA se beste tyd vir haar ouderdomsgroep met 3:50.08 in die 1 200 m en het die prestasie weer behaal deur dit te verbeter na 3:44.18. Haar afrigter is Christopher Rodgers.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article