Die eerste Weskus Street Mile-wedloop is onlangs afgehandel en die Salkoriane-atletiekklub het die geleentheid weekliks ondersteun en verskeie pryse losgehardloop.
Dit was ’n opgewonde en trotse groepie Salkor-atlete toe hulle die eerste kompetisie in Langebaan voltooi het. Dié dag sal nog lank in hul geheue wees, aangesien hulle deel was van die geskiedkundige straatmyl.
Die atlete het die 1,6 km voltooi en medaljes vir hul prestasies ontvang. Die jong atleet Noaha is die kleinseun van wyle Klasie Kleinsmith, wat ook een van die Salkor-atlete was wat in die vroeër 1990’s sy eerste marathon van 42,2 km in ’n rekordtyd van 02:30:15 voltooi het. Dié rekordtyd is in die vere Noord-Kaap in die Kenhardt-distrik se Dorperland-marathon opgestel.
Onder die Salkor-atlete wat deelgeneem het, was Adrian Cupido, Divan Kotze, Lee Milfordt, Sakkie Mentoor, Mortin Cloete, Sherinque Jordaan, Zilcke Snyders, Noaha Kleinsmith, Ethan May, Leigthon Rooi, Austin Gouws, Elani Fransman, Ayden Lewis, Yumare Cupido, Luther Pieterse, Linique Snyders en Tamzin Kennedy.





