Baie jongmense van die gemeenskap is deel van die produksie.


Route2Roots-jeugteater het pas na wyk 3 in Riebeek-Wes uitgebrei.

GreenAct International en UNI Jeug Koöperatief, in samewerking met raadslid Nicolene Smit, ’n raadslid van wyk 3 vir die Swartland-munisipaliteit, het die produksie Roseline bekend gestel.

Die produksie word Vrydag 24 Junie opgevoer.

Chantal Booyse is die produksiebestuurder en Jurgen Mc Ewan is die kreatiewe direkteur. Mc Ewan bied ook ’n solo-produksie, Akkie, dieselfde aand aan.

Altesaam 18 lede van die jeug-gemeenskap tussen 14 en 24 jaar is deel van die produksie.

Smit sê sy is trots op die wyk se kinders wat so getrou oefen en gedissiplineerd en kreatief is.

“Hulle trotseer lang ure in repetisies en is trots op hulself. Hul selfvertroue het met rasse skrede verbeter. Hierdie produksie is ’n uitvloeisel van die aktiewe burgerskap- en uitvoerende kunste-werksessies wat in 2019-’20 deur die Swartland-munisipaliteit se jeugontwikkelingskantoor in al die wyke aangebied is,” vertel sy.

Sy sê ook hierdie produksie is die eerste van vele, want ’n volhoubare program gaan ontwerp en uitgerol word om die jeug se talent te ontwikkel en hulle verder aan die bedryf bloot te stel.

Die produksie Roseline begin om 19:00 by die Riebeek-Wes-stadsaal. Kaartjies kos R50.. Bel Booyse by 061 195 6724 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article