Die West Coast Youth Orchestra is opgewonde oor hul komende toer.


Die Weskus kan trots wees op sy plaaslike jeugmusikante in die West Coast Youth Orchestra (WCYO).

WCYO, ’n organisasie sonder winsoogmerk, tree gereeld oral in die Weskus op en het sewe programme wat ononderbroke onder die jeug van die Weskus plaasvind.

Soos Carina Brown van WCYO verduidelik, help hul verskeie musiekprogramme om die jeug uit die strate te hou, hul skoolprestasies te verbeter, leierskapseienskappe te bou, rekenaarvaardigheid te leer en musiekeksamens af te lê.

“So ’n ongelooflike organisasie sonder winsoogmerk behoort in werklikheid deur elke filantroop en onderneming in die Weskus ondersteun te word, want hulle versinnebeeld sukses al langer as drie dekades,” sê Brown.

Brown het twee simfonieorkeste in 2017 na Europa geneem om aan die agtste Internasionale Jeug-musiekfees in Bratislava deel te neem. Hulle het ook na vier ander lande getoer.

Gedurende die Covid-19 pandemie het sy ’n blink idee gekry – hierdie keer was dit dat jong oorsese spelers met Suid Afrikaanse orkesspelers aanlyn kon meng, vriendskappe kon smee en saam musiek kon maak. Oorsese spelers kan dan mettertyd Suid-Afrika besoek en spelers kan dan saam konserte hou.

Ná vier jaar se grootskaalse beplanning, eindelose werk, aanlyn oefen met die oorsese groepe en vergaderings is die International Youth Orchestra Bridges gebore.

Hierdie inspirerende inisiatief verenig die Weskus Jeugorkes, Stellenbosch Jeugorkes en die Waverley Ensemble van die Verenigde Koninkryk, met talentvolle musikante van 13 tot 18 jaar oud.

Verskeie spelers van Brittanje, Australië en Amerika kom hierdie naweek in die Kaap aan.

“Aanvanklik sou die toer landswyd plaasvind, maar baie ander jeugorkeste het as gevolg van [’n gebrek aan] finansiering onttrek. WCYO het vasgebyt en uiteindelik is die werklikheid hier.”

Slegs uitgesoekte spelers van WCYO is gekeur om deel van die toer te wees as gevolg van die standaard van werke. “Ons is bevoorreg om bekend te maak geen onderskeid word tussen die sosio-ekonomiese stand van spelers getref nie, maar hulle word gekies volgens talent, toegewydheid, musikaliteit en standaard van spel.”

Die orkes pronk met spelers van onder meer die Hoërskool Diazville, die Hoërskool Hopefield en Curro Langebaan. Brown sê hoewel dit agterstevoor klink, sien sy die meeste uit na die reaksie van die Weskus se leerders ná die toer.

“Ek gaan weer wens dat ek alles kan opneem wat almal te sê gaan hê oor alles wat hulle geleer het oor musiek en die plekke wat hulle gesien het, maar ook die ongelooflike nuwe musiekvriende wat hulle gaan maak.

“Daarby sal die konserte en die leerskool onder ’n internasionale dirigent ’n ongelooflike ervaring vir almal wees,” sê Brown.

Die bekende dirigent Alexander Walker is genooi om die konsertreeks te dirigeer. “Dit gaan ’n groot voorreg vir al hierdie spelers wees om onder hom te werk.”

. Vyf konserte word gehou.

Bespreek by Webticket:

  • Frank Pietersen Musieksentrum (Paarl): Donderdag 1 Augustus;Baxter Teater (Kaapstad): Vrydag 2 Augustus; Darling Cellars (Darling): Saterdag 3 Augustus;Parklands Kollege (Kaapstad): Maandag 5 Augustus; en


. Kontak Brown by 082 710 3038 om ’n bydrae tot orkeslede se onkoste met onder meer vervoer te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article