Noluvu Ludidi
Jaydean Farmer (16), ‘n leerder van die Hoërskool Diazville, het die geleentheid gehad om lid van die Wes-Kaapse skaakspan te wees. Leerders van oor die Weskus heen het hul beste voetjie voor gesit en in die Wes-Kaap-proewe om die SA skaakspan te haal, meegeding.
Hoewel Farmer nie die SA skaakspan gehaal het nie, meen sy die ervaring om aan die proewe te kon deelneem, het haar baie geleer.
“Ek het baie uit my foute geleer en ek weet nou deur dié reis waar om my skaak te verbeter,” vertel Farmer.
Haar liefde vir skaak het in gr. 1 begin toe haar skaak-
afrigter ‘n toets aan die leerders gegee het en dié wat die beste gevaar het, het hy begin skaak leer.
Farmer sê sy het skaak
ernstig begin opneem die
oomblik toe sy dit begin leer het. Sy beskou haarself as ‘n mededingende speler en haat dit om te verloor, maar het ook besef uit die verloor leer jy lesse wat jou in die volgende wedstryd laat verbeter.
Haar groot droom is om ‘n wêreld-skaakkampioen te word, juis omdat nie baie vroueskaakkampioene bestaan nie. “Ek wil die wêreld wys elke vrou kan doen wat ‘n man kan doen,
indien nie beter nie!”





