Die uitvoerende burgemeester van Weskus-distriksmunisipaliteit, Boffie Strydom, en raadslid Joost Engelbrecht, saam met verskeie ander rolspelers op ’n landelike veiligheidsvergadering in Vredendal.


Die Weskus-distriksmunisipaliteit (WDM) het onlangs ’n Weskus-landelike veiligheidsplan goedgekeur met die doel om landelike veiligheid te bevorder.

Hierdie plan word deur die Weskus-rampbestuursentrum gekoördineer.

Om uitvoering te gee aan hierdie veiligheidsplan is ’n landelike veiligheidsforum gestig waar verskeie rolspelers hul insae lewer oor hoe om landelike gebiede aan die Weskus veiliger te maak. Een van die uitvloeisels was die ondersteuning aan buurtwagte om hul organisasies te registreer. In samewerking met die polisie en ander rolspelers het ’n reeks simulasie- oefeninge in verskeie munisipale gebiede plaasgevind.

Tydens hierdie simulasie-oefeninge word die operasionele gereedheid, noodreaksie en bestuur van ’n voorval geëvalueer.

Die uitvoerende burgemeester van WDM, Boffie Strydom, het sy ondersteuning van die bevordering van landelike veiligheid beklemtoon.

“Landelike veiligheid, tesame met gemeenskapsveiligheid, is ’n prioriteit vir die distriksmunisipaliteit. Ons het almal een gemeenskaplike doel en as ons saam werk kan ons soveel meer bereik,” het die burgemeester gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article