Die polisie het beslag gelê op 182 sakkies dagga en ’n bedrag kontant wat vermoedelik in ’n dwelmhandel-transaksie gemaak is.


’n Wenk van die publiek het tot die inhegtenisneming van ’n man gelei wat 182 sakkies dagga in sy besit gehad het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, die polisiewoordvoerder van die Weskus-distrik, het die Clanwilliam-polisie Saterdagaand 27 Augustus patrolliediens in die dorp verrig toe ’n lid van die publiek hulle in Khayelitshastraat voorgekeer het.

Die gemeenskapslid het aan die polisie gesê daar is ’n man in die straat wat glo dwelms uit sy woning aan minderjariges verkoop.

Die dagga is gevind nadat die verdagte se huis deursoek is.

Die polisie het op die dagga beslag gelê en die verdagte het Maandag in die plaaslike hof op ’n aanklag van dwelmhandel verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article