Die Hoërskool Hopefield het ’n uiters geslaagde interskolenaweek teen Vredendal gehad.
Die naweek het Vrydag 16 Augustus begin met die groot brag in die skoolsaal.
Vrydagaand het oud-leerders van alle uithoeke van die wêreld in hul honderdtalle na die skool se sportterrein opgeruk vir hokkie-, rugby-en netbalwedstryde.
Die feesvieringe is Saterdag 17 Augustus voortgesit met klinkende oorwinnings oor die Vredendallers op die netbalbane, hokkie- en rugbyvelde en ook op die gebied van skaak.
Albei skoolgemeenskappe kan trots wees op die wyse waarop hierdie interskoleweek afgesluit is.





