Bet-se-goed, ’n organisasie sonder winsbejag, het Saterdag 22 Februarie ’n Valentynsdagfunksie in Noordhoek, Velddrif gehou. Sowat 100 mense het die samesyn geniet, is met heerlike kos getrakteer en het ook die geleentheid gehad om na die bemoedigende woorde van die gasspreker, Jessica Daniels, te luister. Volgens Anna Bester van Bet-se-goed was dit ’n “kragtige” middag. “Mense se lewe is verander vir iets beter, hulle is geïnspireer. Ons het die doel van die dag bereik: om mense op te hef.” Hier is die organisasie se vrywilligers saam met Daniels (agter, naasregs).


Inspirasie op Valentynsdagfunksie

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article