Agri Wes-Kaap nooi met trots die jongboere in die Wes-Kaap om vir die Agri Wes-Kaap- / Santam- Jongboer van die Jaar-kompetisie 2025 in te skryf.

Hierdie toekenning, wat die uitnemendheid en vindingrykheid van jongboere bekroon, bied ’n uitstekende platform om erkenning te kry vir bestuursvernuf en tegniese vaardigheid sowel as blootstelling in die landbousektor.

Die kompetisie is oop vir boere tot die ouderdom van 40 jaar wat op die inskrywingsdatum reeds vir ten minste een jaar ’n opbetaalde lid van hul plaaslike landbouvereniging was. Deelnemers kan onafhanklik boer, in vennootskap wees of as plaasbestuurder optree, mits hulle spesifieke bestuursverantwoordelikhede hanteer wat beoordeel kan word.

Die beoordelingsproses fokus op sleutelgebiede soos die volgende:

. Bestuursfilosofie en -vaardighede;

. finansiële bestuur en rekordhouding;

. tegniese bevoegdheid in boerderypraktyke;

. bemarkingsfilosofie en -praktyke; en

. gemeenskapsbetrokkenheid en deelname aan georganiseerde landbou.

Die provinsiale wenner sal outomatiese as finalis kwalifiseer in die nasionale kompetisie waar hulle teen ander jongboere van reg oor Suid-Afrika om die gesogte Toyota SA / Agri SA Jongboer van die Jaar-titel sal meeding. Die wenner ontvang nie net erkenning vir sy/haar uitsonderlike prestasie nie, maar ook waardevolle pryse en blootstelling binne die bedryf.

Die sluitingsdatum is 25 April 2025.


. Besoek https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/wes-kaap-soek-nuwe-jongboer/ vir inskrywingsvorms.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article