Inge Brand, ’n leerder aan Pomario Private Skool in Citrusdal, het op 26 Augustus in Saldanha aan die Wes-Kaap-gimnastiekkampioenskap deelgeneem. Sy het eerste plek in die Women’s Artistic Gymnastics vlak 5-afdeling (WAG) verower. Inge het Vrydag 3 en Sondag 4 September in Kaapstad aan die tweede ronde van die Wes-Kaap-gimnastiekkampioenskap deelgeneem en die eerste plek in die Eurotramp- (vlak 5) en Double Mini Trampoline-items (vlak 5) behaal asook ’n vierde plek in die tuimel-afdeling (vlak 5). Inge is vir al vier dissiplines (artisties, tuimel, Eurotramp en Double Mini Trampoline) gekies om van Vrydag 1 tot Sondag 10 Oktober in Centurion in Gauteng aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap te gaan deelneem.Foto:


Inge skitter in gimnastiek

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article