Melony Constable van die Jehova Jireh-sentrum in Witteklip wil Kersfees vir die kinders van dié sentrum baie spesiaal maak.
Constable sê die inperking het moeilike omstandighede vir baie mense veroorsaak. Die sentrum sien tans na 20 leerders om en kry self swaar.
Constable wil graag Donderdag 16 Desember ’n Kerspartytjie vir die kinders hou, maar het die hulp van die gemeenskap nodig om geskenkpakkies, skryfbehoeftes, kospakke en meer te skenk om die dag spesiaal te maak.. Bel Constable by 071 674 8182 indien jy wil help.




