Die atlete van Langebaan Primêre Skool en lede van Langebaan-atletiekklub het die afgelope naweek aan die Wes-Kaap-atletiekkampioenskap vir laerskole in die Paarl deelgeneem. Twee gaan hul skool, klub en WP by die Suid-Afrikaanse-atletiekkampioenskap vir laerskole in Polokwane tussen Sondag 24 en Maandag 25 Maart verteenwoordig. Angell Pholman (links), die Wes-Kaapse kampioen in meisies o.13 (1 200 m), en Joshwin Cross, die Wes-Kaapse kampioen in die verspring vir seuns o.11 (hy het ook ’n silwermedalje vir die 80 m ontvang) gaan die skool verteenwoordig. Die skool bedank die afrigters Christopher Rodgers, Eustace Lemmetjies en dr. Frans Vent. Foto:


Hulle haal provinsiale span

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article