Stanton Jansen en Johnnie Siljeur, albei atlete van die Langebaan-atletiekklub, het Sondag 28 Augustus aan die Comrades-ultramarathon tussen Durban en Pietermaritzburg deelgeneem. Dit is Jansen se sesde Comrades-ultramarathon en Siljeur se tiende. Siljeur het die Vic Clapham-medalje ontvang. Hy het ook sy groen nommer ontvang ter viering van 10 jaar se deelname aan die Comrades. Siljeur het in ’n tyd van 11 uur 13 minute en 39 sekondes die Comrades voltooi. Jansen het die Robert Mtshali-medalje ontvang en in ’n tyd van 9 uur 11 minute en 42 sekondes klaargemaak. Bo is Jansen en Siljeur na afloop van die Comrades.


You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article