Die jaar staan vinnig einde se kant toe, en een van die bekende “bakens” vir hierdie tyd van die jaar is natuurlik die matriekeindeksamen.

Ons wens alle matrikulante en hul ondersteuningsnetwerk sterkte toe met dié belangrike eksamen. Baiekeer is dit ouers en voogde wat meer senuweeagtig is as die graad 12’s self, maar hou moed en druk deur.

Die druk van die eindeksamen moenie onderskat word nie en met Oktober, wat ook geestesgesondheidsmaand is, is dit belangrik om goed na die sielkundige kant van sake te kyk.

Met die glits and glamour van die matriekaf­skeid nou verby, is dit tyd om ten volle op die akademie te fokus. Studeer hard, skep asem wanneer nodig en onthou, ten spyte van hoe belangrik hierdie tyd in jou skoolloopbaan is, is dit nie jou hele lewe nie.

Meer as ooit besef Jan Alleman die noodsaaklikheid om goed na hul geestesgesondheid om te sien. Vra vir hulp wanneer jy dit nodig het; help ander indien jy ondersteuning aan jou mede-matrikulant kan gee, en maak seker jy gee jouself die beste voorsprong vir die res van jou lewe.

Daar wag ’n wonderlike wêreld (en dalk ’n partytjie of twee) ná die eksamen.

Alle sterkte aan die jongmense wat hul nasionale seniorsertifikaateksamen aanpak!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article