’n Motorfiets en ’n motor het Dinsdag (13 Junie) by die St. Helenabaai-kruising teen mekaar gebots. Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, het die motorfietsryer glo nie by die stopstraat stilgehou nie en voor aankomende verkeer ingery. “Die betrokkenes het mediese behandeling gekry,” het Helfrich gesê. Motoriste word gemaan om veilig te bestuur in die reënerige weerstoestande en te alle tye hul voertuig se hoofligte aan te skakel.Foto: Noluvu Ludidi


Hou ligte aangeskakel, vra polisie ná botsing

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article