Bak en brou is altyd ’n wenner en kan die hele gesin ure lank besig hou.


Die vakansie is hier wat beteken die kleinspan raak dalk rusteloos. Weslander het van die vakansiepret aangepas en deel ’n paar wenke vir ouers én kinders om besig te bly.

. Indien jy bekommerd is die kinders kry nie genoeg oefening nie, stel ’n hindernisbaan op. Gebruik kussings, speelgoed en ander alledaagse items om ’n baan te maak waar die kinders kan hop, hardloop en deurkruip.

. Begin in die kombuis en kry die kinders om te help. In plaas daarvan om gemorskos te eet, laat die kleinspan help om gesonde happies en geregte voor te berei.

Kleiner kinders kan basiese take soos meng en roer verrig en koekie­drukkers gebruik. Die internet is vol flink, skeppende en maklike kos-idees.

. Maak iets skeppends. Gee kinders se hande werk deur skeppende projekte aan te pak. Kry kryt, kleurpenne en papier en maak Kersversierings. Gebruik ou kle­re en gee dit nuwe lewe met kleursel, wat sommer in die agterplaas gedoen kan word.

Maklike projekte om aan te pak, is iets soos boekmerke, papier­blomme en juweeltjies met krale. Papier-maché is ook altyd ’n wenner en ’n goeie manier om jou ou koerante te herwin.

Handewerk kan ook gesken­ke word. Die projekte sal die kinders se oë weg van hul skerms kry.

. Stof ou legkaarte en bordspeletjies af. Dit is ’n maklike manier om die hele gesin ure lank besig te hou.

Vorm spanne en kyk wie die beste saamwerk. En indien daar nie veel speletjies is nie, maak hulle sommer. Slange-en-leertjies of Tic-Tac-Toe kan maklik gemaak word. Maak jou eie jenga-blokke met ou blokkies hout.

. In vakansietye is dit nie altyd moontlik om al jou maats of familielede te sien nie so hoekom nie ’n brief of twee skryf nie?

Maak kaartjies en skryf briewe vir oupa en ouma of skoolmaatjies wat jy dalk nie die vakansie kan sien nie.

. Bak-en-brou-aktiwiteite moet volgens kinders se ouder­dom aangepas word en kan die hele gesin ure lank besig hou. En die beste van alles is die lekkernye nadat die bakwerk klaar is.

Deel die baksels uit as Kersgeskenke of nagereg. Loer gerus na Weslander se Facebook-blad vir die beste Kerskoekie-resepte of probeer dalk die nuutste resep in hierdie uitgawe.

. Met so baie ure in die Kersvakansie by die huis is daar tyd om ’n storie of selfs ’n toneelstuk te skep.

Voer dit op – of dit met die gesin is wat as akteurs optree of ’n poppekas.

’n Talent-kompetisie werk ook goed – moenie vergeet om kostuums aan te trek nie!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article