Die Weskus-streek se liga vir potspel het vroeër vanjaar begin met 26 spanne wat opgedeel is in ’n A- en B-liga na afloop van die eerste ronde van wedstryde.
Ná ’n jaar van potspel is die A-liga- wenners uiteindelik op 22 November by Victorian Times-kroeg beslis. Dit was tussen Hoppers en Pocket Munchers. Die Hoppers het vanjaar nog nie een wedstryd verloor nie en die span het hul onoorwonne titel behou tot hulle koning gekraai het.
Die Hoppers-span sluit in Gerrit Botha, André van Vuuren, Ettienne Roberts en Sean Yuill. Die Pocket Muchers se span bestaan uit Madré Olivier, Arnold Olivier, Jaundré Rabie en Dian Swart.





