Elrique Papier (regs) saam met De Klerk Oelofse, die aanbieder van Kyk wie praat.

Noluvu Ludidi

Om sy eerste verskyning op die kassie te maak, was vir Elrique Papier van Hopefield baie opwindend.

Dié sewejarige het die geleentheid

gehad om op die gewilde program Kyk wie praat op kykNet te verskyn.

Dié speletjiesprogam fokus op ‘n groep kinders tussen ses en nege jaar, wat vrae gevra word en dan moet vier volwasse deelnemers aan die program raai wat die antwoorde is.

Die opgewondenheid van Elrique kom al van 2024 af toe hy ingeskryf het om aan die progam deel te neem. Volgens Elrique se ma, Angelique Jantjies, het hy gehuil van blydskap toe hy hoor hy gaan in een van die episodes wees. “Ons het in Augustus 2024 ingeskryf en hulle het hom eers in Oktober vir ‘n oudisie genooi. Daarna was hulle baie stil en ons het nie baie hoop gehad nie. Toe hy wel die nuus ontvang, het hy van blydskap gehuil,” vertel Angelique.

Dié slim jong seuntjie vertel dit was een van sy ma se werksvriendinne wat haar die idee gegee het.

“My mamma is baie bang om in Kaapstad te ry, maar haar heel beste vriendin het ons gevat. Ons het vir een aand in ‘n baie mooi hotel gebly en op my eerste dag toe sien ek die Suidooster-mense,” vertel Elrique.

Wat Elrique die meeste van sy tyd op Kyk wie praat geniet het, is die speel- kamer by die ateljee. En iets wat hy

altyd sal onthou en koester, is sy tyd saam met die aanbieder De Klerk

Oelofse. “Ek wens ek kan weer gaan. Ek wil hom nog goed vertel.”

Soos baie ma’s is Angelique baie trots op haar seun.

“Elrique is ‘n bol vreugde. Ek is baie trots op hom en leer hom altyd om te droom. Hy het presies ‘n borrelende

persoonlikheid soos sy mamma, maar dan ook ‘n sagte kant soos sy pappa.”

Dis juis hoekom sy dink dat Elrique perfek was vir dié speletjiesprogram.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article