Skutte en ander wat belangstel, kan nou die Hopefield-skietklub besoek.
Die klub is nou ná meer as ses maande weer oop en lede asook dagbesoekers is welkom. Skutte is welkom om by die klub aan te sluit.
Die klub hou eersdaags sy jaarvergadering, wat beteken dit is die ideale tyd vir belangstellendes om die klub te besoek.
Die jaarvergadering word Saterdag 23 April om 19:00 by die Hopefield-sportklub, Koperfonteinstraat, gehou. Die besprekingspunte sluit vakansiedae, ledegeld en fooie vir dagbesoekers in.
Ledegeld beloop R250 per jaar; dagbesoekers moet R50 betaal.
Die klub is van Maandag tot Saterdag tussen 09:00 en 17:30 oop (of tot dit te donker is om te skiet).
Vir meer inligting bel Marlene Olivier by 072 805 6181.




