Die Hoërskool Hopefield se hoof, Wehan Fourie, maak einde 2024 klaar in die onderwys.


Ná 34 jaar by die Hoërskool Hope­field het die skoolhoof, Wehan Fourie, besluit om uit die onderwys te tree.

Fourie en sy vrou sal albei aan die einde van 2024 die skool en die onderwysberoep verlaat. Fourie vertel hy word volgende jaar 60 en dus kom aftree daarmee saam.

“Ek en my vrou het in 1990 by die Hoërskool Hopefield begin en ná 34 jaar is ons en die skool reg vir die volgende hoofstuk. Dit gaan ’n baie emosionele proses vir ons wees, want die skool-familie was baie lief vir ons en ons was ongelooflik lief vir hulle,” sê Fourie.

Wanner dit by sy toekomsplanne kom, sê Fourie dit is nou sy prioriteit om al sy energie in te sit om ’n opvolger te vind wat die Hoërskool Hopefield na die volgende vlak van uitnemendheid gaan neem. Die proses is reeds aan die gang.

In sy persoonlike lewe gaan Fourie definitief nie stilsit nie.

Hy vertel hy het ’n uiters betroubare Land Rover, ’n avontuurlustige vrou en ’n skaaphond wat gek is oor reis. “Afrika wag.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article