Die vaardige vroue wat by die hekelprojek betrokke was, is Vera du Toit, Suzette de la Querra, Gerda Nilsson , Serena van Alphen en André Armstrong.

Vir die inwoners van Hopefield voel dit soms asof hul dorpie onsigbaar is. Serena van Alphen, ‘n inwoner van Hopefield, het die gesprekke en kommer hieroor gehoor en ‘n projek saam met vroue van die dorp begin.

Bont en gekleurde lappe is gehekel met wol wat deur die gemeenskap geskenk is. Hulle het by Hubre’s Food and Coffee Artisan bymekaargekom om patrone te ruil en is met koffie en tee bederf.

Die vroue het bome by die ingang van die dorp met die pragtige handewerk versier. Menige voertuie draai nou af, met besoekers wat dit besigtig. Inwoners is baie bly oor die inisiatief en glo dit sal ‘n positiewe invloed op die dorp hê.

Van Alphen sit glad nie stil nie en is reeds besig met ‘n volgende projek vir die komende Hopefield-fynbosskou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 February 2026
    Weslander E-Edition – 12 February 2026

Gift this article