Dit is al weer tyd vir die Hopefield-fynbosskou!
Die 2022-Hopefield-fynbosskou het ’n propvol program vir almal om te geniet en is die enigste in sy soort – dit nadat die fees weens die Covid-19-pandemie nie in 2021 plaasgevind het nie. Die fees word vanjaar tussen Donderdag 25 en Sondag 28 Augustus aangebied en met optredes deur bekende musiekkunstenaars, onder andere Nicholis Louw, Jay en meer.
Die fynbosskou bied ook kindervermaak, dus kan besoekers gerus wees pret wag ook op hulle.
’n Biertent met braaivleis, burgers, boereworsrolletjies en nog vele meer sal op die spyskaart wees. Maak dus seker jy loop nie die Hopefield-fynbosskou hierdie jaar mis nie.
Toegangskaartjies vir Donderdag 25 Augustus: Volwassenes R40; seniors R20; kinders o.18 R15; kinders onder vyf geniet gratis toegang.
Toegang van Vrydag 26 tot Sondag 29 Augustus: Volwassenes R60; seniors R20; kinders o.18 R20 en kinders onder vyf gratis.
Naweekkaartjies tussen Vrydag 26 en Sondag 28 Augustus kos R160. Besoek dan alle fynbosskou-uitstallings, maar vermaak by die biertent kos ekstra.
- Skakel 078 802 3634 of stuur e-pos na info@hopefieldfynbos.co.za





