Kinders van die Hoopsig-sentrum lees uit hul eie koerant, die Pato Times. Foto:


Die Paternoster-Hoopsig-sentrum se kinders het Donderdag 3 Februarie hul eie klein woordfees by Die Koelkamers in Paternoster aangebied.

Die geleentheid: Viering van Wêreld-hardopleesdag en die bekendstelling van die kinders se eie koerant, die Pato Times. Die studentevrywilliger Lisa Ruiders en haar redaksie het die gedrukte weergawe van die Pato Times trots bekendgestel en vertel wat dit vir hulle beteken het om daaraan te werk.

Hoopsig se projekbestuurder, Shemoné Bokhary, het groot lof vir die kinders se professionaliteit en toewyding uitgespreek. Die kinders self en prof. Lizette Rabe, voorsitter van die departement joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch het daaruit voorgelees. Rabe het uit haar besonderse kinderboek Blou feetjie voorgelees en daaroor gepraat.

Chareldine van der Merwe van die ATKV se Vriende van Afrikaans en Theresa Sass, die Saldanhabaai-munisipaliteit se bestuurder van biblioteekdienste, het hul steun aan die geleentheid betoon.

Serenity Bokhary van Hoërskool Vredenburg het ’n sangbydrae gelewer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article