Alida Buckle
Die Darling-polisie is tans besig om die onwettige storting van onverwerkte menslike oorskot naby Ganzekraal te ondersoek. Dit spruit uit die ontdekking van ‘n hoop as langs ‘n klomp asdromme op Vrydag 19 April langs die Weskuspad (R27) in die omgewing van Ganzekraal-vakansieoord.
Die as is vermoedelik dié van ‘n mens. Nadat die polisie die misdaadtoneel oorgeneem het, het die forensiese eenheid dit vir leidrade gefynkam. Leidrade waarop afgekom is, is vir forensiese ontleding gestuur. Die Darling-polisie het ‘n navraag geopen en ondersoek die saak. Bel kapt. Jonathan Otto by 076 669 0108.





