Bestanddele

15 ml (1 e) sonneblomolie

500 g hoendernekkies

2 groot wortels, opgekap

1 vars tamatie of ingemaakte tamatie (1 blik)

1 ui

4 lourierblare

3 groot aartappels

100 g groenbone

500 ml kookwater

1 Knorrox-hoenderaftrekselblokkie

Metode

Verhit olie en voeg die ui by.

Sodra die uie deurskynend is, voeg die lourierblare en wortels by en kook vir ’n verdere drie minute.

Voeg die hoendernekkies by die wortel-en-uiemengsel en kook vir vyf minute of totdat die nekkies bruin is.

Voeg die tamaties by en bring dan tot kookpunt.

Voeg aartappels by en los dan die Knorrox-hoenderaftrekselblokkie in kookwater op en voeg dit by die pot.

Maak die deksel toe en laat alles vir sowat 25 minute saam prut. Sit voor met jou verlangde kantgereg.. Wanneer jy Knorr-soppe gebruik om ’n bredie te verdik en te geur, meng dit eers met ’n bietjie water om ’n gladde pasta te vorm, en roer dit dan by die mengsel in die pot.

Hou aan roer terwyl die sous weer kook – dit sal voorkom dat klonte vorm.

Bron: www.whatsfordinner.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article