Weskus-potspel het vandeesmaand hul geslote kampioenskap by die St. Helenabaai-hotel en Phoenix in Vredenburg aangebied.
Die kompetisie het op 11 en 12 November plaasgevind. Die potspelers het onder meer in die enkel- en dubbel-afdelings meegeding met die pare wat ook saam meegeding het.
Die wenners van die ope pare-afdeling was Gert Hibbert en Tauhier Mintin, en die naaswenners Andre van Vuuren en Madré Olivier.
Hibbert het ook skoonskip gemaak in die ander afdelings waarin hy deelgeneem het. Hy het Gerald McMaster geklop vir die eerste plek in die senior enkelspel-kompetisie.
In die senior pare-spel was Hibbert en Basson die wenners met McMaster en Neil Schnetler in die tweede plek. Saam het Hibbert en Basson ook die meester- pare gewen. Hein van Staden en McMaster was in die tweede plek.
Hibbert en McMaster het in die meester- en die grootmeester-enkelspel- titels onderskeidelik eerste en tweede geëindig.
Diegrootmeester-wenpaar was Chris Viljoen saam met McMaster, met Neil Schnetler en John Booth tweede.
Die wenners van die skoner geslag se enkelspel was Madré Olivier met Inelda Heyns tweede.
Saam het dié twee die vrouepaar-afdeling gewen en Barbara Amor en Chanel le Roux geklop.
Die gemengde dubbelspaar was Juandre Rabie en Elanie Botha in die eerste plek en Max Classen en Drien Booth tweede.
Weskus Pool het die St. Helenabaai-hotel sowel as Phoenix Vredenburg-kroeg, wat hul gashere vir die kompetisie was, bedank.





