Kom skuur skouers met Blou Bulle en Blitsbokke vir ’n goeie doel volgende Vrydag.

Die Maniacs- en Weskus Sharks-rugbyspanne neem binne­kort aan 10’s-rugby­toernooie deel en bied die Friday Fun Night-dans en -veiling Vrydag 30 Junie in Langebaan aan.

Weskus Shark-spelers van onder meer Paternoster, Vredenburg, St. Helenabaai, Langebaan en Saldanha sal in November na Maleisië reis om aan die 50ste aflewering van die Cobra 10’s-toernooi deel te neem.

Die 10-mantoernooi sal in Petaling Jaya, Selangor in Maleisië plaasvind. Dit is die derde keer dat die spelers aan dié internasionale geleentheid deelneem. Hier speel hulle teen spelers van Fidji, Australië, Skotland en Nieu-Seeland.

Volgens Liam Mahoney is daar groot geleenthede vir spelers by die toernooi omdat internasionale oë op die Weskussers is.

“Die rugby is van ’n hoë gehalte gesien meeste van die internasionale spelers net-net uitgemis het om op provinsiale vlak te speel. Dié toernooi is beslis ’n stepping stone vir spelers om hul loopbane verder te neem,” verduidelik Mahoney.

Die plaaslike 16-manspan Weskus Sharks speel onder die vaandel van oud-Blitsbok Ryno Benjamin se Benji rugby-akademie.

Benewens die internasionale toernooi maak die Maniacs gereed vir hul komende 10’s-toernooi in Wellington.

Rugby-liefhebbers word na dié geleenthede genooi en om ’n paar Suid-Afrikaanse spelers soos Justin Geduld te ontmoet. Rugby- en wyn-memorabilia sal by die veiling wees en daar sal ’n vraag-en-antwoord-sessie wees.

. Vir meer inligting skakel Mahoney by 071 133 5247.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article