Clive Anthony Carolus word sedert 3 Maart vanjaar vermis.


Die polisie vra dringend om hulp in hul soektog na ’n 13-jarige kind van Piketberg in die Bergrivier- munisipale gebied.

Clive Anthony Carolus is die laaste keer op 3 Maart vanjaar gesien by die Total Garage langs die N7 by Piketberg.

Volgens sers. Salmon Koordom van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe op Vredenburg het hy ’n wit-en-swart T-hemp, swart denim, bruin jas, geel serp en groen Nike-tekkies aangehad. Hy het glo vir mense gesê dat hy Kaap toe gaan ry saam met mense wat blikkieskos verkoop. Hy is gesien waar hy in ’n wit bakkie klim.

Nadat sy ma hom Maandag 5 Junie by die polisie as vermis kom aanmeld het, het Koordom sy spoor gevolg tot in Athlone. Mense hier het gesê dat hulle hom ’n paar dae laas gesien het waar hy in die parkeerterrein by die winkelsentrum voor die Meulmed Mediclinic-hospitaal vir geld vra.

Hy is sedertdien nog nie weer gesien nie.

Die polisie vra asseblief dat enigiemand wat meer inligting oor Clive het, dit asseblief moet deurgee na Koordom by 082 522 1012.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article