Badisa Weskus en Huis Wittekruin beoog om higiëne-pakkies vir 270 minderbevoorregte meisies van die Weskus saam te stel sodat hulle met selfvertroue gedurende hul maandelikse menstruasietyd skool kan bywoon.

Elke pakkie sal die volgende items bevat:

. Sanitêre doekies

. Seep

. Waslap

. Pragtige handgemaakte materiaal of gebreide sakkie vir diskrete hantering en vervoer van sanitêre doekies.

Huis Wittekruin se talentvolle en handvaardige inwoners gaan hierdie sakkies met groot liefde en sorg maak.

Die publiek word genooi om sanitêre doekies, waslappies en seep aan die veldtog te skenk deur dit in Augustus en September by Badisa Weskus se kantoor by Houtstraat 28, Vredenburg, te kom aflaai. . Stuur e-pos aan marketing@badisawk .org.za of skakel Estefan of Trish by 022 713 1723 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article