Bestanddele:
Vir die vulsel:
· 12 kersietamaties
· 2 murgpampoentjies
· 1 rooi soetrissie
· 1 geel soetrissie
· 1 eiervrug
· 1 rooi ui
· 1 knoffelhuisie
· 2 e olyfolie of kanola-olie
· Italiaanse kruie
· brandrissie (na smaak)Vir die deeg:
· 200g volkoringmeel
· 2 e olyfolie of kanola-olie
· ½ koppie koue water
Metode
1. Was en sny al die groente in klein stukkies.
2. Sit die groente in ’n pan met die olie, Italiaanse kruie, brandrissie, en knoffel.
3. Kook die groente vir 10 minute.
4. Berei die deeg voor deur die meel, koue water en 2 teelepels olie te kombineer totdat deeg bymekaar kom sonder om nat of taai te wees.
5. Rol die deeg dun uit en verkoel vir minstens een uur.
6. Haal die deeg uit die yskas en plaas in ’n tertbak. Vul dit met die groente en bak dit in die oond teen 180 °C vir 40 minute.





