Bestanddele
30 ml botter
15 ml olyfolie
725 g biefrepies
1 ui, gekap
1 pakkie sampioene (250 g)
2 knoffelhuisies
hand vol tiemie
2 ml paprika
25 ml meel
sout en swartpeper
15 ml tamatiepasta
15 ml Dijon Mosterd
½ beesvleisaftrekselblokkie, in 200 ml warm water opgelos
250g suurroom
Metode
Verhit die helfte van die botter in ’n pan saam met die helfte van die olie. Braai die biefrepies tot bruin en sit dan eenkant wanneer alles gaar is.
Plaas gekapte ui en knoffel in dieselfde pan saam met die sampioene en braai vir ’n paar minute oor matige hitte totdat die sampioene sag is. Voeg tiemie by.
Meng die meel en paprika saam en voeg by tamatiepasta, mosterd en aftreksel in die pan met sampioene. Plaas repies terug in die pan, bedek en laat prut oor lae hitte.
Hou mengsel goed dop en moenie laat kook nie.
Haal pan van hitte af en roer die suurroom by.
Sit onmiddellik voor.





