Die Sister in Christ-sanggroep van Veldrif is ‘n groep wat ontstaan het as gewone sangers wat by sangaande en begrafnisse gesing het. Die groep het die geleentheid gehad om hul talent te deel by hul eerste konsert wat op Saterdag 5 April in Noordhoek gehou is. Hulle wil graag die gemeenskap van Noordhoek bedank vir hul ondersteuning asook hul familie wat hulle te alle tye bystaan. ‘n Spesiale dank gaan ook aan die orkes van Porterville wat hulle ondersteun het. Bo is die lede van die Sister in Christ-sang-groep.

Sisters sing saam

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article