Koek vir ontbyt, sekerlik nie? Maar sommige meen hierdie gebakte hawermout-“koekie” is lekker en gesond.

Bestanddele

2 groot eiers

¼ koppie heuning

½ koppie melk (’n alternatiewe “melk” werk ook goed)

1 teelepel vanielje

1 koppie hawermout

1 teelepel bakpoeier

’n knippie sout

½ teelepel kaneel

byvoegsels van jou keuse bv. bessies of stukkies sjokolade

Metode

Verhit die oond vooraf tot 175 °C en smeer ’n klein oondbak.

Voeg al die bestanddele, behalwe jou byvoegsels, saam in ’n voedselverwerker. Blits totdat dit goed gemeng is. Die hawermout moet romerig wees.

Roer die byvoegsels in die beslag.

Skep dan die beslag in die gesmeerde oondbak.

Bak vir 20-25 minute of tot ’n tandestokkie, wat in die middel gesteek word, skoon uitkom.. Vervang die bessies met die vrugte van jou keuse soos gekapte appels, blokkies perskes of aarbeie.

Die kaneel kan ook met neutmuskaat of ander gepaste speserye vervang word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article