Donderdag 27 Februarie het 15 atlete van Karitas Skool aan die Wes-Kaap II-atletiekbyeenkoms by Dal Josafat-stadion in die Paarl deelgeneem. Al die leerders het baie goed gevaar. Die leerders spog met ses eerste plekke, vyf tweede plekke, drie derde plekke, asook ’n eerste plek in die o.15- en o.17-aflos. Karitas Skool se atlete en onderwysers is, agter, Rustin Dampies, Ronaldo Vraagom, Monroe Coetzee, Bronwin Vraagom, Lauren Delport, Lorenzo Mentoor, Monty Snyders, Nurick Willemse, Eathan Carolus en Anthony Paulse. Voor is Gertrude Wylbach, Casey-Lee Kordom, meneer Farmer, juffrou Marais, Zalia Klaaste en Alicia Mathys.Foto:


Harde werk in atletiek werp vrugte af

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article