Op Mandeladag (18 Julie) het tien lidmate van die NG kerk Laaiplek handskoene wat deur wonderlike dames gebrei is aan die kinders van Laerskool Velddrif uitgedeel. Die gr. R- tot gr. 5-leerders het elkeen ’n paar handskoene ontvang. Ds. Charl van Rensburg sê dit was ’n wonderlike ervaring om hul gesiggies te sien. “Dankie aan elke dame wat so saamwerk aan die projek. Dis lekker om so om te kan gee en Jesus se liefde uit te dra.”Foto:


Handskoene vir koue winteroggende

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article