Candice Oktober (o.13), ’n leerder aan Karookop Primêr, het die afgelope paar maande uitstekend gevaar met spiesgooi. Sy het Vrydag 2 Februarie aan die Platteland- atletiekbyeenkoms deelgeneem, waar sy met ’n afstand van 26 m gewen het. Saterdag 17 Februarie het sy aan die Wes-Boland-kampioenskap deelgeneem en die 2de plek met 25 m behaal. Sy het ook haar skool by die Boland-atletiekbyeenkoms, wat op Vrydag 24 Februarie plaasgevind het, verteenwoordig en daar ’n derde plek met 25 m behaal. Daarna het sy voorverlede Saterdag (9 Maart) aan die Wes-Kaapse atletiekbyeenkoms deelgeneem en met ’n afstand van 31 m gewen. Sy gaan aanstaande week aan die Sassa- Primêre Skool-atletiekbyeenkoms, wat op 24 en 25 Maart in Limpopo plaasvind, deelneem.


Haar spies trek al hoe verder

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article