Die 2025-FNB- Sauvignon Blanc SA Top-10-wenners.

Groote Post op Darling se wyn in Top-10


Die beoordelaarspaneel van die 19de jaarlikse FNB- Sauvignon Blanc- SA Top-10-kompetisie het die beste wyne van Suid-Afrika se veelsydigste kultivar in ‘n taai mededinging uit 167 inskrywings van 98 produsente bekroon.

Die Weskus se Groote Post-wingerde in Darling se Sauvignon Blanc het die Top-10 gehaal.

Sauvignon Blanc Suid-Afrika het die wenners op Woensdag 15 Oktober op die Vergelegen-wynlandgoed aangekondig.

Tydens ‘n middagete op die rivieroewer het die seremoniemeesters Ryan O’Connor en Success Lekabe gaste op ‘n FNB- Top 10-“Mystery Road Trip” geneem om die topwyne uit 20 finaliste te onthul. Gaste moes met die hulp van ‘n geïllustreerde kaart en ‘n gemengde speellys – met kunstenaars soos Adele, Bon Jovi en David Kramer – hul pad in ‘n viering van streekdiversiteit vind.

Die 2025-FNB- Sauvignon Blanc SA Top-10 wys opnuut die besonderse omvang van die kultivar – vier wyne uit die kusstreek, drie uit die Kaapse suidkus, twee uit die Breederiviervallei en een uit die Wes-Kaap. Die ander Top-10- Sauvignon Blanc-wyne kom van Ataraxia, Cederberg Wines, Delaire Graff Coastal, Kleine Zalze, Maastricht, Merwida, Rietvallei, Steenberg en Vrede en Lust.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article