Devon Blaauw omhoog gehou met sy terugkeer vanaf Suid-Afrikaanse kampioenskap.


Die vierde vinnigste in die land.

Dít is die nuutste titel waarop die Weskus-, Wes-Boland-, Boland- en Wes-Kaap-kampioen in die 400 m en 800 m, Devon Blaauw (15), aanspraak kan maak.

Dié Hoërskool Weston-leerder het hom by die Suid-Afrikaanse Hoërskole-atletiekkampioenskap in Port Elizabeth onderskei deur die eindronde in die 400 m en 800 m te haal.

Volgens Christopher Rodgers, afrigter van die Langebaan-atletiekklub waaraan Devon behoort, het die tiener ’n skitterende baan- en veldseisoen agter die rug. “Hy het in al twee eindrondes die vierde plek behaal, wat ’n skitterende prestasie is. Devon is tans die vierde vinnigste atleet in Suid-Afrika in die 400 m en 800 m. ’n Groot toekoms wag op hom,” meen Rodgers.

Devon bedank almal wat ’n finansiële bydrae tot sy besige atletiekseisoen gelewer het.

Die klub se ander atlete het self naam gemaak hierdie seisoen op beide die baan en die veld. Tans is hulle besig met voorbereidings vir die landloop- en padwedloopseisoen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article