Die Graad 6 leerders an Panorama Primêr in Vredenburg het onlangs die geleentheid gehad om die Fossielpark te besoek – ‘n ervaring wat hulle beslis nie gou sal vergeet nie.
Tydens die uitstappie het die leerders meer geleer oor ons land se ryk geologiese geskiedenis, die ontstaan van fossiele en die belangrikheid van bewaring.
Hulle kon van naby kyk na werklike fossiele en het eerstehands gesien hoe wetenskap en geskiedenis saamkom op een fassinerende plek.
Die skool bedank die span by die Fossielpark wat hierdie leersame en opwindende ervaring moontlik gemaak het.




