Vir die Vredenburg-inwoner Melanie Frans beteken musiek vryheid en genesing.
Dié gospelsanger het onlangs haar eerste lied en musiekvideo getiteld “He’s an almighty God” vrygestel.
Melanie het haar liefde vir sang op ’n jong ouderdom ontdek en haar passie en liefde vir sang het voortdurend ontwikkel.
Melanie vertel dat sy nog altyd haar eie lied wou skryf.
“Ek het aan die Here vertel dat ek die koor van die lied het en dat hy vir my die res van die woorde moet gee. So het ek begin en die verse geskryf.”
Vir Melanie beteken die liedjie baie, veral omdat sy in haar lewe deur baie struikelblokke gegaan het. Sy hoop dat die lied ander sal inspireer en dat mense deur die lirieke kan besef dat God magtig is en in staat is om mense uit enige situasie te red.
“Maak nie saak waardeur ons gaan nie. Hy is daar, hy sien alles en weet alles.”Melanie vertel dat die ervaring om haar eerste musiekvideo te skiet opwindend en terselfdertyd ook senutergend was.
Vir die toekoms het Melanie groot planne. Sy wil graag meer van haar eie liedjies skryf en ook ander jongmense met hul ontwikkeling in sang help. Sy sê daar is baie wat vir haar voorlê.
Kry haar musiek op YouTube





