Maak gereed vir ’n buitengewone avontuur wanneer die langverwagte Weskus Lugskou na die Wes-Kaap terugkeer. Vanjaar se geleentheid belowe om groter, beter, en meer opwindend as ooit te wees.
Merk jou kalender op 30 September 2023 vir ’n propvol 18 uur lange extravaganza wat jou asemloos sal laat. Hierdie lugskou is die enigste in die suidelike dele van Suid-Afrika en in die Wes-Kaap, so moet dit nie misloop nie.
Die Weskus-lugskou is ’n vooraanstaande lugvaartgeleentheid wat toeskouers later vanjaar met ’n sensasionele program, wat hartstollende lugvertonings en bewonderenswaardige optredes gaan insluit, gaan vermaak.
Met ’n wye verskeidenheid van aantreklikhede, aktiwiteite en vermaak bied hierdie mega-ekstravaganza ’n merkwaardige ervaring vir lugvaart-entoesiaste, gesinne en avontuurlustiges. Van vinnige straalvliegtuie, valskermspringers en akrobatiese lugvertonings tot radiobeheer- en hommeltuig-aksies, belowe dié geleentheid om jou met aanhoudende opwinding op die punt van jou stoel te hou.
Daar is veel meer as net opwindende lugvaartvertonings. Met talle vermaaklikhede, uitstallers, kunsvlytstalletjies, verleidelike kosverkopers, ’n biertuin, die bekende Plaasmol-teetuin en ’n toegewyde kindersone sal daar iets vir almal wees om te geniet.
Vanjaar word die lugskou se eerste musiek-konsert ook bekendgestel, wat ’n melodieuse draai aan die naweek se feesvieringe sal gee.
“Ons is baie opgewonde om die terugkeer van die Weskus Lugskou aan te kondig,” sê Clive Coetzee, die hooforganiseerder.
“Hierdie jaar se geleentheid belowe ’n onvergeetlike ervaring vir besoekers, met ’n opwindende lys van lugvertonings, ’n ongelooflike atmosfeer en ’n reeks aantreklikhede en aktiwiteite.”
“Hierdie is ’n moet-bywoningsgeleentheid vir alle lugvaart-entoesiaste en avontuurlustiges,” sê Brian Emmenis, die gewilde lugskoukommentator op die dag.
Die Weskus-lugskou wil ook graag hul waardering uitspreek aan hul waardevolle borge en vennote, insluitend Zoom Fibre SA, Peninsula Beverages, Saldanhabaai Hotel, Stellenbosch Universiteit, Air Show South Africa, Capital Sounds, Weskus Mall, West Coast Medical Rescue, Saldanhabaai Innovasiekampus, Bel n Pêl / Dial a Buddy, Sanitec, Club Mykonos, Kaapstad Toerisme, Cape Town Magazine, Weslander, FlyFPVSA, die Militêre Akademie en nog vele andere.
Hul ondersteuning speel ’n sleutelrol om hierdie geleentheid moontlik te maak en dra daartoe by dat die ervaring van alle toeskouers nuwe hoogtes kan bereik.
Besoek die Weskus-lugskou, waar jy die krag van brullende straalvliegtuigmotore in jou bors kan voel, verstom sal staan deur ongelooflike lugvertonings, en onvergeetlike nuwe herinneringe saam met familie en vriende kan skep.
Volg dié lugskou op sosiale media by @WestCoastSaldanhaBayAirShow / @wcoastairshow, besoek die webwerf by www.westcoastairshow.co.za en bly op hoogte.
Moenie hierdie ongelooflike avontuur misloop nie!
Bespreek jou kaartjies nou by www.weskustickets.co.za en maak gereed vir ’n naweek wat jou met verwondering sal laat.





