In die lig van nasionale Kinderbeskermingsweek (29 Mei tot 5 Junie) deel die plaaslike polisie die volgende veiligheidswenke vir die kleinspan:. Maak seker jy ken jou woonadres, en jou ma en pa se telefoonnommer;. Moenie alleen rondloop nie. Vat altyd ’n grootmens saam, en as dit nie anders kan nie, laat weet altyd ’n verantwoordelike volwassene waarheen jy gaan en hoe laat jy gaan terug wees;. Moenie met vreemdelinge praat of geskenke soos lekkers van hulle af aanvaar nie. Moet nooit dat ’n vreemde oom of tannie jou na hul motor of huis lok nie;. Wanneer jy in gevaar is, bel dadelik die noodnommer 10111. Leer hierdie nommer uit jou kop en stoor dit ook op jou selfoon (as jy een het);. Moet nooit dat enigiemand aan jou privaatdele raak nie. Jy mag ook nooit aan ander mense se privaatdele vat nie; en. Sommige grootmense maak kinders met die polisie bang as hulle stout is. Kinders hoef nie vir die polisie bang te wees nie. Hulle wil jou veilig hou en jou help. As jy nie met mamma of pappa oor iets kan of wil praat nie, moenie bang wees om met enige polisiebeampte te gaan gesels as iets jou pla nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article