Diazville Leeds FC het Grassy Park United 3-1 geklop.

Ná ‘n wedstryd tussen Diaz Leeds FC en Grassy Park United FC wat op Vrydag 2 Mei plaasgevind het, het Diaz Leeds as dié kampioen teruggekeer.

Met ‘n telling van 3-1 het Diaz Leeds hom goed van sy taak op die tuisveld van Grassy Park United in dié ABC Mot- sepe-ligawedstryd gekwyt.

Die gasheer het Diaz Leeds-spelers en hul afrigters met ‘n baie goeie gesindheid ontvang.

Die lenige linkervleuel van Grassy Park United het eerste die doelhok ná ‘n mooi hoekskop getref.

Daar het ‘n wonderlike atmosfeer geheers en albei spanne was lus vir speel. Grassy Park United het egter in die eerste helfte mooi balbesit gehandhaaf en goeie balbeheer toegepas. Diaz Leeds se Craig Swarts het met goeie drib-

bel-lopies op die linkervleuel vir Grassy Park onder geweldige druk geplaas. Diaz Leeds het ‘n paar kanse verspeel om met rustyd met een doel agter te loop.

Die tweede helfte het met mening afgeskop en dit was duidelik dat Diaz Leeds se spelers hulle nie gaan laat onderkry nie. Swarts het kort daarna ‘n doel aangeteken wat die wedstryd gelykop (1-1) laat trek het.

Grassy Park United was egter gedurig op die aanval. Diaz Leeds se jong doelwagter, Deiniol Cloete, het hom uitste- kend van sy taak gekwyt en baie goeie keerwerk gedoen. Diaz Leeds-spelers het egter die een aanval ná die ander uitgevoer en is met nog twee doele deur TJ Hendricks beloon wat dus die wedstryd op 3-1 laat eindig het.

Ivan Cloete, doelwag-afrigter, meen Diaz Leeds FC het die hele tweede helfte met goeie tussenspel en aangeewerk gedomineer.

“Dit was ‘n goeie teken dat al die Diaz Leeds-spelers vir mekaar gespeel het, en in ‘n baie goeie gees.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article