Die Langebaan Stars-gimnastiekklub het baie goed gevaar by die Wes-Kaapse kampioenskap wat tussen Vrydag 19 en Sondag 21 Julie in Kaapstad en Stellenbosch gehou is. Hulle was deel van die akrobatiese- en tuimelgroep. Die gimnaste het verskeie medaljes gewen en die vlak 8- en vlak 5-gimnaste het hul kleure verwerf en is ingesluit in die span wat in Oktober na die SA Spele gaan. Volgens die hoofafrigter, Madeleine van der Merwe, was dit ’n baie sterk kompetisie met sommige van die deelnemers wat in een ouderdomsgroep tot 40 deelnemers gehad het. Die klub wens al sy gimnaste hartlik geluk met hul prestasies. Agter van links is Madeleine van der Merwe (hoofafrigter), Princess Chamisa, Ankia van Zyl, Zanje Barkhuizen, Logan Claassen en die afrigter Robbie Louw. Voor is Micah Basson (silwermedalje uit 40 deelnemers) en Laylah Barents.


Gimnastiekklub se sterre

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article